Tradition | Excellence | Opportunity
Founded in 1856.
The Grey Vision
Grey remains as one of the leading schools in the country, with a culture and value system that support its fine heritage.
Grey is recognised for its competitiveness and excellence in academic, sporting and cultural activities, as well as for its ability to consistently produce leaders.
Read More…
Personeel
Vakhoof
Lianda Victor: UED (Subject Head Afrikaans), BA (PU for CHE), BA (Hons) (UNISA), MEd (UPE)
Click here to email Lianda Victor.Click here to email Amoré Kember.
Cecile Goezaar: BA, HDE (UPE)
Click here to email Cecile Goezaar.
Liné le Roux:
Click here to email Celesté van Vuuren.
Gerhard Hills: BA Ed (UPE)
Click here to email Gerhard Hills.
Lynette Swart: BA Ed
Click here to email Lynette Swart.
Shani Alberts
Click here to email Shani Alberts.
Oorsig
Leerders is baie bevoorreg dat Afrikaans op beide Huistaal- en Eerste Addisionele Taalvlak aangebied word. Afrikaanssprekende seuns word sterk aangeraai om Afrikaans as Huistaal te neem, aangesien die Eerste Addisionele Taalkursus vir hulle geen uitdaging bied nie en hulle trouens baie verveeld in die klas is. In werklikheid stem die kurrikulum vir Huistaal en Eerste Addisionele Taal grootliks ooreen. Dit is net die moeilikheidsgraad wat verskil.
Huistaalvlak
Huistaalvlak maak voorsiening vir taalvaardighede wat die bemeestering van basiese interpersoonlike kommunikasievaardighede en kognitiewe akademiese vaardighede reflekteer. Dit word onder andere in sosiale situasies en vir leer oor die kurrikulum heen benodig. Klem word op die onderrig van luister-, praat-, lees- en skryfvaardighede gelê. Hierdie vlak bevorder leerders se literêre, estetiese en verbeeldingryke bevoegdhede sodat hulle oor die vermoëns beskik om hulle leefwêrelde te herskep, beter te begryp en hul verbeelding te gebruik. Vanaf Graad 7 word minder klem op die onderrig van luister- en praatvaardighede en meer klem op die onderrig van lees- en skryfvaardighede geplaas
Eerste Addisionele Taalvlak
Op Eerste Addisionele Taalvlak word van die standpunt uitgegaan dat leerders nie noodwendig enige kennis van die taal het wanneer hulle begin skoolgaan nie. Die kurrikulum in die eerste skooljare het ten doel om die leerder se vermoë om die taal te praat en te verstaan, te ontwikkel. Hulle gebruik ook die geletterdheidsvaardighede wat hulle alreeds in hul Huistaal aangeleer het. In die Intermediêre en Senior Fases gaan leerders voort om hul luister-, praat-, lees- en skryfvaardighede te verbeter. In hierdie stadium moet leerders meer blootstelling aan hul Eerste Addisionele Taal (Afrikaans) kry. Leerders word ook meer blootgestel aan Afrikaanse literêre tekste om hulle estetiese en verbeeldingsvermoë in die addisionele taal te ontwikkel.
Teen die tyd dat leerders in Graad 10 kom, behoort hulle redelik bedrewe in hul Eerste Addisionele Taal te wees ten opsigte van sowel interpersoonlike as kognitiewe akademiese vaardighede. In werklikheid kan baie leerders in hierdie stadium egter steeds nie goed in hul addisionele taal kommunikeer nie. Die uitdaging in Graad 10-12 is dus om hierdie leerders te ondersteun en om terselfdertyd ’n kurrikulum te voorsien wat leerders in staat stel om aan die vereiste standaard van Graad 12 te voldoen. Hierdie standaarde moet sodanig wees dat leerders hul addisionele taal op ’n hoë vlak kan gebruik om hulle voor te berei vir verdere of hoër onderwys of vir hul beroepswêreld.
In beide Huistaal en Eerste Addisionele Taal geld die volgende:
Benadering tot taalonderrig
Die benadering tot taalonderrig is teksgebaseerd, kommunikatief, geïntegreerd en prosesgeoriënteerd.
’n Teksgebaseerde benadering stel leerders in staat om vaardige, vrymoedige en kritiese lesers, skrywers (en ontwerpers) van tekste te word. Dit sluit die luister en kyk na, en lees en ontleding van tekste in, sowel as die lees en ontleding daarvan, om te verstaan hoe dit saamgestel is en watter effek dit het. Deur hierdie kritiese interaksie ontwikkel leerders die vermoë om tekste te evalueer. Outentieke tekste is die hoofbron van inhoud en konteks vir die kommunikatiewe, geïntegreerde leer en onderrig van taal. Dié teksgebaseerde benadering sluit ook die produsering van verskillende tekste vir spesifieke doelstellings en teikengroepe in. ’n Begrip van die manier waarop tekste saamgestel word, rugsteun hierdie benadering.
Die kommunikatiewe benadering beteken dat ’n leerder baie en ryke blootstelling aan die teikentaal kry.
Die prosesbenadering word gebruik wanneer leerders lees en mondelinge en geskrewe tekste produseer. Leerders is betrokke by die verskillende stadiums van die luister-, praat-, lees- en skryfproses. So, byvoorbeeld, fokus die onderrig van skryf nie net op die produk nie, maar ook op prosesskryf. Gedurende prosesskryf word die leerders geleer om idees te ontwikkel, om oor die teikengroep en doel te dink, om konsepte te skryf, hulle werk te redigeer en om ’n geskrewe produk wat hulle eie denke weergee, aan te bied.
Benadering tot die onderrig van letterkunde
Die belangrikste rede vir die lees van letterkunde in die klaskamer is om by leerders ’n sensitiwiteit te kweek vir taal wat meer verfynd, letterkundig, figuurlik, simbolies en betekenisvol gebruik word.
Die assessering van Huistaal en Eerste Addisionele Taal is grotendeels dieselfde en stem ook ooreen met die assessering van Engels as vak. Die assesseringstake is dieselfde as die take wat vir Engels gedoen moet word en kan onder die vak, Engels, gevind word.
Huiswerk moet gereeld gedoen word en sluit onder meer die voltooiing van klaswerk in. Dit sluit ook die voorbereiding van mondelinge take in.
Verdere projekte ter bevordering van Afrikaans
Daar word gereeld aan die Afrikaansolimpiades vir Huistaal deelgeneem. Eerste Addisionele Taalleerders word aangemoedig om aan die Gebruiksolimpiade deel te neem.
Jaarliks word ‘n interne redenaarskompetisie gehou en verskeie seuns word vir die landswye ATKV- Redenaarskompetisie ingeskryf.
Die ATKV se landswye debatskompetisie word ook jaarliks deur veral die Greysnare (lede van die Afrikaansvereniging) ondersteun.
Redenaars- en debatskursusse word ook geesdriftig ondersteun.
Grey het al verskeie kere as gasheer vir die Oos-Kaapse been van die Spelathon vir Gr. 9- en 10-leerders (‘n inisiatief van die ATKV) opgetree. Dit is ‘n nasionale spelkompetisie waaraan Huistaal- en Eerste Addisionele Taalleerders kan deelneem.
Leerders word ook aangemoedig om aan die Vlymskerp-vasvrakompetisie van Die Burger en die ATKV deel te neem.
Huistaalleerders in grade 11 en 12 kry jaarliks die geleentheid van opvoerings van hul voorgeskrewe werke by te woon.
Geleenthede word benut waar Afrikaanse skrywers die hele skool toespreek. Dit vorm deel van ‘n inisiatief om leerders aan te moedig om Afrikaanse boeke te lees ten einde hul taalvaardigheid te verbeter.